Hearing Hub Oudioloog in Pretoria, South Africa. Offering Speech Therapy and Hearing Aids for children and adults.

Client Testimonials

Hearing Impairments








Hearing Hub Oudiol | Pretoria

Audiologists at Hearing Hub. We provide hearing impairment-related services (fitting and maintaining of hearing aids and more) and speech therapy.


Jou vriendelike oudioloog in Pretoria

Die Hearing Hub is deur Liza Van Wyk (spraakterapeut en oudioloog) in 2007 gestig.  Liza het `n passie vir gehoorgestremde mense en help sedert 1985 om die lewens van kinders en volwassenes met gehoorverlies te verbeter.  In 2010 het sy `n ‘Life Time Achievement Award’ van Phonak (gehoorapparaat verskaffers) verwerf vir haar diens aan individue met gehoorverlies in Suid-Afrika. Lorné Johl welkom aan ons span. Dis n vooreg om saam met jou te werk en dat jy n groot rol in ons span speel.

Moenie huiwer nie!!  Die aanvanklike konsultasie is komplimentêr.
Laat Liza en haar span u of u kind se lewenskwaliteit verbeter op `n persoonlike, vriendelike en professionele manier.
Ons verskaf gehoortoetse & gehoorapparate aan mense van alle ouderdomme, van babas wat `n paar weke oud is tot senior burgers.  Moenie dat jou ouderdom jou terughou nie!

Die Hearing Hub is nie net nog `n sentrum vir gehoorprobleme nie, maar eerder `n warm, persoonlike en professionele  sentrum met `n hart vir mense wat sukkel om te hoor.  Ons bring u en u kind se gedagtes en spanning tot rus terwyl u uitstekende oudiologiedienste ontvang.

Ons glo dat u tevredenheid met ons gehoorsorgdienste ons hoogste prioriteit is.  Wanneer dit noddig is sal ons u met die beste gehoorapparate  wat beskikbaar is pas, tesame met uitstekende herstel en naverkope diens van die betrokke apparate.  Hierdie vorm als deel uit aan die positiewe verskil wat ons aan mense met gehoorprobleme se lewe wil aanbring.

Hearing Hub Oudioloë is geleë in 13de Straat No 8 Menlopark, Pretoria. 
Die kostes word bepaal volgens die voordeleskaal van die mediese fonds, maar wissel van mediese fonds tot mediese fonds.  Sodoende word die dienste tot gehoorverbetering bekostigbaar gehou.  `n Gedeelte van die aankoop van die gehoorapparate mag van balasting gehef word.

Ons help graag met die onderhoud van u gehoortoestel en herstel waar nodig.  Sou daar iets wees wat ons nie self kan herstel nie, reel ons met die gehoorapparaatverskaffers om die apparate te herstel.  Ons maak die proses tot verbeterde gehoor- en spraakvaardighede so maklik as moontlik.

Die Hearing Hub doen gehoortoetse vir individue van enige ouderdom – babas tot senior burgers.  Ons pas gehoorapparate vir kinders sowel as volwassenes en help met die onderhoud en herstel daarvan.

Oudioloog in Pretoria.
Die‘Hearing Hub se missie is om `n warm, persoonlike en professionele diens aan ons pasiënte te lewer en om te verseker dat die ervaring van gehoortoetse en die gehoorapparaatpassing so vreugdevol as moontlik verloop.
Kontak ons vandag nog – die aanvanklike konsultasie is komplimentêr.
Redes vir die uitvoer van `n gehoortoets
As jy sukkel om in die teenwoordigheid van agtergrondsgeraas te hoor of u moet altyd die TV bietjie harder stel is dit tyd vir `n gehoorevaluasie.  “My ore suis”! Indien u van die bogenoemde ervaar,
Asseblief, moet nie huiwer om ons te kontak indien u sukkel om te hoor nie – daar is `n uitweg!


Kontak ons vandag nog!
Tel: 012 346 0511
Sel: 082 583 4098

Praktyknommer: 8215022
Registrasienommer: STA 0011207



 







Sitemap

Home 

Contact

About


Hearing Impairments
Hearing Impairments & Hearing Aids for Adults
Hearing Impairments & Hearing Aids for Children


Speech Therapy